AfriForumTV Logo

Gratis Afrikaanse inhoud van al jou gunstelinge
en vir die hele familie.

Gereelde vrae

Wat is AfriForumTV?

AfriForumTV is ’n digitale platform wat aanlyn en gratis is en visuele inhoud bied aan lede en nielede. Intekenaars kan verskeie kanale in die gemak van hulle eie huis op hulle televisie, rekenaar of selfoon verken deur van die AfriForumTV-toep gebruik te maak. AfriForumTV is nóg ’n kommunikasiestrategie om die publiek bewus te maak van AfriForum se nuus en gebeure, maar ook om vermaak te bied met films en fiksie- en realiteitsreekse. Hierdie inhoud gaan verskaf word deur AfriForumTV self, instellings binne die Solidariteit Beweging en eksterne inhoudverskaffers.

Hoekom is AfriForumTV gratis?

AfriForumTV is gestig om die gemeenskap van AfriForum te verbreed as ’n bymekaarkomplek vir aanlyn vermaak van alle genres. Dit gee ook aan eksterne inhoudverskaffers die geleentheid om hul inhoud te plaas waar sowel lede as nielede van AfriForum daarna kan kyk.

Waar kan ek AfriForumTV kyk?

Kyk AfriForumTV by www.afriforumtv.co.za of laai dit af van Google Playstore.

Hoe kan ek by AfriForumTV betrokke raak?

Stuur gerus ’n e-pos aan navrae@afriforumtv.co.za.

Wat maak AfriForumTV anders?

AfriForumTV is ’n gratis aanlyn platform wat inhoud bied aan talle kykers. Dit bied ook geleenthede aan inhoudverskaffers. AfriForumTV wil die Afrikaanse gemeenskap ondersteun.

Skenkings

Jou bydrae tot AfriForumTV sal help om die Afrikaanse aanlyn gemeenskap te bevorder. Dit bied ook die geleentheid aan AfriForumTV se produksiehuise om nog inhoud te vervaardig wat jy kan geniet. Stuur ’n e-pos aan navrae@afriforumtv.co.za.

Hoe word my persoonlike inligting hanteer?

As jy op AfriForumTV ingeteken het, stem jy daartoe in dat AfriForumTV jou inligting mag verwerk, stoor en gebruik. AfriForumTV voldoen aan alle vereistes ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013.