AfriForumTV Logo

AfriForumTV-webkoekiebeleid

Vrywaring

Hierdie beleidsdokument, die bybehorende aanhangsel(s) en enige regte hieraan verbonde is die eiendom van AfriForumTV, tensy die konteks duidelik anders aandui. Dit is vertroulik, privaat en slegs bedoel vir die geadresseerde, en mag slegs deur die geadresseerde gebruik word vir die spesifieke doel waarvoor die beleidsdokument aangevra is. Die geadresseerde moet alle persoonlike inligting wat hierdeur tot sy of haar kennis of in sy of haar besit kom as vertroulik hanteer en mag dit nie openbaar maak sonder die instemming van AfriForumTV nie.

AfriForumTV aanvaar geen enkele verantwoordelikheid vir enige verlies of skade, op watter manier ook al opgedoen of gely, wat voortvloei uit, of die gevolg is van, die gebruik van die inligting in hierdie beleidsdokument of die aanhangsel(s) daarvan.

Oorsig

AfriForumTV het homself verbind tot die ontwikkeling van veilige beleid en praktyke; in hierdie verband word ook hierdie webkoekiebeleid geïmplementeer. Hierdie beleid stel AfriForumTV daartoe in staat om telling te hou van besoeke aan die webwerwe asook die verkeersbronne, en om die funksionering van die AfriForumTV webwerwe en -portale te verbeter. Hierdie webkoekies help om AfriForumTV in te lig oor watter webblaaie die gewildste of mins gewilde is, en dit laat sien op watter wyse besoekers die webwerwe verken. Al die inligting wat deur hierdie webkoekies ingesamel word, word as gemiddeldes verskaf en bly om daardie rede anoniem.

Die beleid is van toepassing op alle AfriForumTV webwerwe en -portale.

Beleid

Die webwerf of -portaal maak gebruik van webkoekies wat op die besoeker se toestel of rekenaar geplaas word sodat die webwerf/-portaal ’n beter gebruikerservaring kan voorsien. Oor die algemeen word koekies gebruik vir die volgende doeleindes: om gebruikersvoorkeure vas te lê, inligting te bewaar vir toepassings soos digitale winkelmandjies, en om anoniem gemaakte volgdata aan derdepartytoepassings soos Google Analytics te voorsien. In die reël sal koekies jou webervaring as gebruiker verbeter. Jy kan egter daarvoor kies om koekies af te skakel vir hierdie webwerwe of vir enige ander webwerwe. Die doeltreffendste manier om dit te doen is om koekies af te skakel in jou webblaaier of soekenjin. Ons raai jou aan om hiervoor die hulpfunksie van jou webblaaier te gebruik of om die About Cookies-webwerf te besoek waar jy leiding sal ontvang vir koekievoorkeure vir alle moderne webblaaiers.